Met meer as 350 000 eenhede verkoop in Suid-Afrika, ’n SAMA-toekenning op sy kerfstok en talle benoemings vir Huisgenoot Tempo- en Ghoema-toekennings, het Manie Jackson homself stewig gevestig as die man met die goue stem. Tog verklap die gewilde sanger tydens ’n openhartige gesprek op Kragbron FM—terwyl hy tussendeur by plaaslike ouetehuise optree—dat sy grootste vreugde steeds in intieme verhoë en opregte persoonlike verbintenisse met sy gehoor lê, eerder as die kollig van groot feeste.

Luister die onderhoud hier:

Andre Retief: Vir ons nou 'n groot voorreg om te gesels met 'n man wat oor die 350 000 eenhede verkoop het in Suid-Afrika. Hy het 'n SAMA-toekenning gekry, gewen. Hy is al vier keer benoem vir 'n Huisgenoot Tempo-toekenning, drie keer vir die Ghoema-toekennings, en die lys gaan aan en aan. En steeds bly hy nederig, mense is mal oor hom, en hy is 'n man met 'n goue stem. Manie Jackson, vir ons lekker om met jou te gesels. Goeienaand, groet by jou!

Manie Jackson: Goeienaand, dis nooit klagtes met my saam nie, want julle lyk en is baie, baie besig.

Andre Retief: Julle is baie besig, en die afgelope paar dae en paar weke sien ons uit om lekker saam met jou te kuier. Jy tree op vir Kragbron FM by verskeie van die ouetehuise in ons uitsaai-gebied; daarvoor sê ons vir jou baie, baie dankie. Hierdie optredes is nou nogal kleiner as die groot gehore ook waaraan jy gewoond is.

Manie Jackson: Ek verkies eintlik maar die kleiner verhoë. Dis meer intiem. Die groot gehoor het sy eie bekoring, maar die kleiner verhoog is vir my... dis meer intiem, jy het meer 'n persoonlike verhouding met die mense, en jy kan na die tyd saam met hulle gesels en CD'tjies uitdeel en foto's neem. By die groot verhoë kry jy nie al daai goeters nie.

Andre Retief: Ons het nou geluister na Die Hemel Weet en ons almal weet dat 16 jaar terug het dit baie deure vir jou oopgemaak. Mense het ewe skielik notisie geneem van Manie Jackson en kon nie genoeg kry nie, tot vandag toe. Maar jy's nog voor dit al in die bedryf—ek dink jy's al meer as 20 jaar in die bedryf?

Manie Jackson: Ja, op hierdie stadium van 1998, so dit is 28 jaar.

Andre Retief: Ja, amper 30, nè?

Manie Jackson: Ja.

Andre Retief: En die afgelope 16 jaar van Die Hemel Weet... kyk jy soms terug en dan dink jy: "Jig, ek het darem maar hard gewerk," of mense kyk miskien na jou en dink: "Ag, jy weet, hy't uiteindelik 'n treffer, nou's hy 'n groot ster." Mense besef nie die lang pad wat jy moes stap voor die tyd nie.

Manie Jackson: Ja, baie mense dink ek het net êrens uit 'n boom uit geval, omdat hulle nie van my geweet het voor die tyd nie. Daar in die Vaaldriehoek waar ek bly het, daar het ek nou baie local shows gedoen en die radiostasies daar het my musiek gespeel, asook ander gemeenskapstasies rondom die Vaaldriehoek, maar daar was nou niks major gewees nie. So daai mense het van my geweet, maar nie die res van die land nie. Nou die res van die land dink ek het maar net êrens vandaan gekom.

Andre Retief: Toe jy Die Hemel Weet geskryf het, het jy self kon dink jy't iets hier beet, jy't hier 'n treffer beet?

Manie Jackson: Ja nee, ek het dit definitief geweet. Die oomblik toe ek die melodie gehoor het van Amerika, toe het ek dadelik gehou van hierdie melodie en ek gaan Afrikaanse lirieke vir hierdie melodie skryf. En ek het dit eintlik al geskryf in 2005. En ek het hom al in 2005 al begin sing by die shows en goeters, maar ek het hom nooit uitgereik nie. En so het al die legendes toe notisie begin neem van daai liedjie. En Dennis East het hom toe opgeneem in 2010 en vir Select Musiek gestuur, en ja, toe gebeur dinge skielik.

Andre Retief: Was dit moeilik? Ek meen, jy sê nou dinge gebeur skielik, maar voordat jy nou 'n paar jaar opgetree het en toe nou groot trefferstatus behaal met Die Hemel Weet... en dan daarmee saam natuurlik roem, almal kon nie genoeg kry van Manie Jackson nie; dis landswye optredes, dis optredes in die buiteland, selfs in Nieu-Seeland. Hoe het jy dit as persoon hanteer, ervaar? Was dit moeilik?

Manie Jackson: Ek het hard gewerk. Ek het rêrig letterlik orals gegaan, optree by elke dorpie, maak nie saak hoe klein nie. Ek weet baie van die sangers wil glad nie na die platteland toe gaan nie, want die opkoms is te klein. Ek het nie daaroor omgegee nie. Ek het in 2014 letterlik op 'n stadium nege shows per week gedoen. En so ek het rêrig, ek het gewerk. Ek het gesê: "Man, dis vir my lekker om te sing." Ek sit nou net my hart daarin.

Andre Retief: Maar jy't ook nie sangopleiding gehad nie—en dis nou tussendeur die vertoonvensters wat ons nou uit... Jy't nie sangopleiding gehad nie, nie op skool nie ensovoorts, en tog het jy hierdie sterk, diep stem. 'n Natuurlike talent?

Manie Jackson: Nee, ek het geen sangopleiding gehad nie. My pa se kant van die familie is baie musikaal. My pa het self tweede stem gesing saam met sy susters, en sy susters kan sing, en my pa kan klavier en orrel speel, sewe van sy broers kan kitare speel. So ja, daar's 'n baie groot musikale kant in daai familie, daai kant van die familie. My ma se kant van die familie is predikante.

Andre Retief: Ja, ek wil nou nie uitbrei nie, want hulle is mos altyd... predikante se seuns is mos die stoutste, en motorwerktuigkundiges se motors werk mos nie altyd nie. Ja.

Manie Jackson: Ek sal vir jou sê hoekom is die predikante se kinders die stoutste: want ons speel met die gemeentelede se kinders. Daar moet êrens 'n invloed wees.

Andre Retief: Maar ja, vandag word jy al gesien as 'n superster en dit is nogal lekker om dit te weet en ook so met jou geassosieer te word. Maar jy het self bewondering vir groot legendes in die bedryf, en tog bly jy 'n baie nederige mens. Is dit maar net wie jy is?

Manie Jackson: En dis maar hoe my ma my grootgemaak het, glo ek. En dan ook die mense wat 'n rol gespeel het in my lewe toe ek dalk miskien kon grootkop kry, was daar mense wat my redelik plat op die aarde en nederig gehou het. So ja, ek is baie dankbaar vir daai mense en ek is baie dankbaar vir my opvoeding.

Andre Retief: Nou praat mens nou hier van legendes en so: jy het nou al saam met 'n lang lys kunstenaars opgeneem, en dan praat mens hier van Carike Keuzenkamp en Min Shaw en Clive Bruce, Bobby Angel, Barbara Ray. Hoe het jy dit ervaar om saam met hierdie ou mense op te tree en liedjies op te neem? En jou Legendes-album ook wat uitgekom het—jy't saam met hierdie kunstenaars opgeneem en jy was tog al die jare self 'n bewonderaar. Hoe is daardie ervaring vir jou?

Manie Jackson: Dit was vir my 'n dream come true. Ek het die voorreg ook gehad om vir twee jaar saam met Bles Bridges te gewerk het toe hy nog geleef het. Ek was 20 jaar oud toe hy oorlede is. En so ek het van sy voor-shows en goeters gedoen, en hy het planne met my gehad vir die toekoms, maar hy is nou ongelukkig oorlede voordat daai planne in werking kon tree.

En so met daai duette-album het ons met moderne tegnologie dit reggekry om duette met hom op te neem. Dennis East het by die ou platemaatskappye sy ou meesterbande gekry wat—ons noem dit separates, waar elke instrument op 'n verskillende kanaal is en sy stem op 'n verskillende kanaal—en het eintlik sy stem van daai ou bande gaan afhaal. En dis nogal 'n baie groot proses, want die bande moet gebak word in 'n oond teen sekere grade, anders smelt hy weg. En dan het sy stem daarvan afgekom en Dennis het die musiek nuut oorgedoen, en dan het ek nou saam met hom gesing. So dit is letterlik om sy stem in my ore te hoor. Ek het dit gedoen met Bles Bridges asook met Gé Korsten op die Korsten-familie se aanvraag. En om hulle stemme te hoor in daai oorfone sonder musiek—jy hoor letterlik hoe hulle asemhaal en alles—dit is asof hulle hier langs jou gestaan het.

Andre Retief: Kan jy glo! Wat 'n ervaring!

Manie Jackson: Ja nee.

Andre Retief: Nou praat ons hierso van albums opneem: ek dink jou amptelike debuutalbum was Manie Jackson met Die Hemel Weet op, 2010, en in tussentyd het elke album goud, dubbelgoud, trippelgoud, dubbelplatinum behaal. Maar nou is die dae en die era van albums verby en dit is nou alles digitaal en op die USB-stokkies. Die nuwe enetjie is ook nou uit: Ek Sal Antwoord. Daar is 'n paar gunstelinge—en gepraat van Gé Korsten, jy't ook Liefling van Gé Korsten op daardie album opgeneem.

Manie Jackson: Ja, my platebaas, Kosie van Niekerk, het gesê ek moet Liefling sing. Toe sê ek vir hom: "Maar hoekom? Hy's klaar vervolmaak toe hy hom gesing het." Toe sê hy: "Nee, maar ek moet hom sing." Toe sê ek: "Maar ek is bang die mense dink ek's 'n Blou Bul!" Maar hy het aangedring daarop ek moet Liefling sing, en toe sê ek: "OK, ek sal Liefling sing, maar dan los julle my, laat ek die liedjie produce soos ek hom hoor, soos ek hom wil hoor. Ek wil nie vir Gé namaak nie."

En toe het hulle my gelos en ek het hom verander in 'n ligte rock ballad. Stadiger gemaak en bietjie meer dramatiese kitare en goeters ingesit, en die dromme bietjie meer dramaties gemaak. Want dis mos eintlik 'n hartseer liedjie, want die ou vra: "Kan ons nie maar vergeet en vergewe nie?" So ek bring hom bietjie... die tempo bietjie terug en bietjie meer emosie. En toe het ek hom vir Carike Keuzenkamp gestuur, en sy't my gevra of kan sy hom vir Linda Korsten stuur, Gé Korsten se dogter—hulle is baie goeie vriende. Toe sê ek: "Ja, natuurlik." Die mooiste WhatsApp gekry van Linda Korsten waarin sy my bedank het dat ek op my eie manier hulde gebring het aan haar pa sonder om hom te probeer na-aap, en dat ek my eie stempel op die liedjie afgesit het. Dit het nogal vir my baie groot waarde beteken.

Andre Retief: Nou ja, en dan praat ons van die nuwe album Ek Sal Antwoord—onder andere die liedjie wat daarop is, en dan Donkiekar en verskeie ander. Ons gaan ook nou-nou luister na 'n splinternuwe enetjie ook van jou op daardie album: Ek Het My Hart By Jou Gevind. Dan luister mense nou-nou na hom, maar waar kan ons nou hierdie album in die hande kry? Hoe gaan ons nou maak? Wat moet ons doen?

Manie Jackson: Dis maar by die optredes, of mense kan ons kontak op Facebook of op die telefoonnommer wat op Facebook is, en 'n bestelling maak met die pos. Maar dit werk mos 'n klein bietjie duurder uit, want die posgelde moet ingereken word. Maar andersins is dit maar op die konserte, of ja, posbestellings.

Andre Retief: Ag nee, ons kry nog steeds nie genoeg van Manie Jackson nie. Ons gaan luister na Ek Het My Hart By Jou Gevind. Na wie gaan jy—saam met wie sal jy nog graag wil werk in die bedryf? Saam met wie sal jy nog wil opneem?

Manie Jackson: Ek was al saam met Steve Hofmeyr op die verhoog gewees, maar ons het nog nooit 'n duet saam opgeneem nie. Ons het al gepraat daarvan, maar dit nog nooit deurgevoer nie. Ek het nog nie saam met Rina Hugo of Sonja Herholdt duette opgeneem nie; ek het saam met hulle op die verhoog al liedjies gedoen. So daai is nou in Suid-Afrika daai drie mense wat ek nogal sal uitsonder. En dan... ek weet nie, ek wou altyd vir Dolly Parton ontmoet het, maar sy's nou dood, en ek wou baie graag vir Nana Mouskouri ontmoet, maar sy is nou 92 en sy't twee jaar terug afgetree, so die kans is baie skraal dat ek dit ooit sal regkry. Ek dink nie daar is meer... ag, ek dink my grootste droom is maar net nog vir 'n hele klompie jare mense te kan gelukkig hou.

Andre Retief: Jou grootste drome het waar geword, en jou musiek spreek tot elkeen wat luister. Ons sê vir jou dankie, ons sê vir jou dankie vir liedjies vir ma's, vir pa's, vir kinders—country, gospel, dit alles doen jy. Al die genres doen jy, en jy doen dit so goed, en mense kan nie genoeg kry daarvan nie. Ons is baie opgewonde om nou te kan luister na Ek Het My Hart By Jou Gevind, en ons sê vir jou—Kragbron FM sê vir jou—en ook vir Christelle, jou pragtige vroutjie wat hier lekker saam met jou toer en so nou en dan 'n bietjie vashou, ons sê ook vir haar baie dankie. En ons sê vir julle baie dankie dat julle julle bydrae lewer tot hierdie bedryf, Manie. Dankie vir jou tyd.

Manie Jackson: Baie dankie vir julle ondersteuning. En onthou net, daai Ek Het My Hart By Jou Gevind is nog nie die fisiese amptelike uitreiking nie. Hy is maar net so tydelik uitgereik—dis hoekom hy nog nie digitaal beskikbaar is nie. Hy sal... daar gaan nog so paar veranderingtjies aan hom gebeur.

Andre Retief: Op hierdie enetjie het Manie Jackson nou spesiaal vir Kragbron bietjie toestemming gegee om die liedjie uit te saai vir ons luisteraars, vir al die bewonderaars—omdat ek hom gevra het voor van die advertensie! Ja.

Manie Jackson: Maar baie dankie vir julle ondersteuning—die luisteraars en julle as radiostasie.

Andre Retief: Manie, baie dankie, dit was lekker gewees om te gesels. Ons vang gou weer op, en groete vir Christelle, en dan praat ons weer. Dankie vir jou tyd vanaand.

Manie Jackson: Dankie vir julle.

Andre Retief: Hier is hy dan nou met sy splinternuwe enetjie—onthou hy's nog nie beskikbaar digitaal nie, maar jy kan hom kry by konserte wanneer jy die Manie Jackson USB-stokkie koop: Ek Het My Hart By Jou Gevind.